
Die direkteur-generaal van Gesondheid, Precious Matsoso, het vandag getuig
voor die arbitrasieverhoor oor die Life Esidimeni-tragedie in Gauteng wat die lewens van meer as ‘n honderd psigiatriese pasiënte geëis het.
Die projekbestuurder wat toesig gehou het oor die oorplasing van die pasiënte na nie-regerings-inrigtings, Levy Mosenogi, het gister erken dat verskeie foute gemaak is.
Hy het verskoning gevra aan die slagoffers se naasbestaandes.
The post Esidimeni-tragedie: Projekbestuurder erken foute appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.