
Die strafregkenner, William Booth, sê daar is ‘n moontlikheid dat talle sake uit
die apartheid-tyd heropen kan word na vanoggend se uitspraak oor die dood van die anti-apartheidsaktivis Ahmed Timol in 1972.
Die Hooggeregshof in Pretoria het bevind dat hy vermoor is, toe hy by die venster van die destydse John Vorsterplein-polisiestasie in Johannesburg gestamp is.
Regter Billy Mothle het ook gelas dat die voormalige polisieman, João Rodrigues, ondersoek moet word vir sy rol om die moord toe te smeer.
The post “Talle sake uit apartheid-tyd kan heropen word” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.