Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Bfn-man kry opgeskorte vonnis weens bedrog

$
0
0
Bfn-man kry opgeskorte vonnis weens bedrog

’n Voormalige bankteller van Bloemfontein wat Absa-bank met honderdduisende rande bedrieg het, is in die Bloemfonteinse streekhof ’n opgeskorte vonnis van agt jaar tronkstraf opgelê.

Netwerk24 berig die 34-jarige Moses Moroe is op 359 klagte van bedrog van bykans R400 000 skuldig bevind.

As deel van die opskortingsvoorwaardes moet Moroe ‘n gedeelte van die geld voor Julie 2018 terugbetaal, terwyl die staat intussen op R200 000 van sy pensioen beslag gelê het wat aan sy werkgewer betaal is.

Moroe het tussen 9 Julie 2014 en 23 Julie vanjaar geld uit een kliënt se persoonlike bankrekening onttrek en dit daarna in sy eie persoonlike rekening oorbetaal.

Moroe is in hegtenis geneem nadat die kliënt gekla het.

The post Bfn-man kry opgeskorte vonnis weens bedrog appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!