
Twee mense is dood en twaalf beseer toe ’n minibustaxi Maandag van ’n brug
op die R701 tussen Bethulie en die Gariepdam gerol het.
Vyf van die beseerdes is in ’n kritieke toestand en is met noodhelikopters na ‘n plaaslike hospitaal in Bloemfontein gebring.
Sers. Fikiswa Matoti, polisiewoordvoerder, het aan Netwerk24 berig twee mense is op die toneel dood.
Volgens haar kon die mense nog nie geidentifiseer word nie omdat hulle nie identiteitsdokumente by hulle gehad het nie en hulle families nog opgespoor moet word.
The post 2 dood, 12 beseer toe minibustaxi rol appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.