
ANC-lede in die Vrystaat het hofstukke in die Bloemfonteinse hooggeregshof
laat uitreik waarin die mandaat van die premier, Ace Magashule, as Vrystaatse leier van die ANC beveg word omdat sy termyn glo reeds maande gelede verstryk het.
Netwerk24 berig die ANC-lede vra dat hulle aansoek volgende Woensdag aangehoor word.
Intussen is regsverteenwoordigers van ander ANC-lede besig met die opstel van nog ’n aansoek waarin gevra word die hof moet verklaar dat die hele Provinsiale Uitvoerende Komitee se termyn in Mei al verstryk het en moet ontbind.
Die hof gaan ook gevra word dat die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) ’n taakspan moet aanstel om die party in die Vrystaat tot sy provinsiale verkiesingskongres te lei.
The post Magashule se termyn as leier is glo al verby appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.