
Die woordvoerder van die Mangaung-metro, Qondile Khedama, het bevestig
vier groot geboue in Bloemfontein is gesluit weens waterdiefstal, terwyl watermeters uit verskeie huise verwyder is omdat daarmee gepeuter is sodat water gesteel kon word.
Netwerk24 berig ’n aantal sakeondernemings is ook uitgevang wat water by die Mangaung-metro steel.
Khedama het beklemtoon die metro voer tans ’n “oorlog” teen waterlekke en waterdiefstal om seker te maak water-infrastruktuur word verbeter.
Khedama het bevestig dat waterbeperkings ook steeds vir inwoners geld en dat water steeds spaarsaam gebruik moet word.
The post 4 geboue in Bfn gesluit weens waterdiefstal appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.