
’n Vrystaatse boer het vyf jaar nadat sy bakkie in Hoopstad gesteel is, dié
voertuig in die Rwandese hoofstad, Kigali, uitgeken.
Netwerk24 berig volgens Kobie Barnard is sy Land Cruiser in Augustus 2012 op die dorp gesteel.
Sy versekeraar het hom vergoed, maar hy het altyd gewonder of hy dalk eendag sy bakkie gaan terugkry.
In Julie vanjaar het kapt. Pieter de Villiers, ’n polisielid, Barnard uit Pretoria gebel en gesê sy bakkie is in Rwanda gevind saam met nog twee voertuie uit Suid-Afrika, ’n Range Rover en Toyota Fortuner.
Hy en die ander eienaars is saam met die versekeraars na Rwanda om die voertuie te gaan uitken.
Barnard kon sy bakkie uitken aan die ligte merk op die agterklap en die antenna van sy boerdery se radiostelsel op die dak.
Hy hoop hy kan die bakkie by die versekeraars terugkoop.
The post VS boer se gesteelde bakkie in Rwanda gevind appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.