
‘n Bus met passasiers is gisteraand naby Odendaalsrus in die Vrystaat aan die
brand gesteek tydens ‘n gewelddadige betoging in die Matjhabeng munisipaliteit.
Die voorval was op die R30 in Allanridge.
Die bus is uitgebrand en van die passasiers is van hul besittings beroof.
Enkele mense is lig beseer.
Die polisie is nog in die gebied ontplooi.
Inwoners beskuldig mynmaatskappye daarvan dat hulle nie plaaslike inwoners in diens neem nie.
The post Bus met passasiers aan die brand gesteek tydens betoging appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.