
Opruimingswerk sal vanoggend in alle erns begin nadat storms gistermiddag
groot skade oor groot dele van Gauteng aangerig het.
Die grootste skade is aan die Wesrand, terwyl Delmas in Mpumalanga ook deurgeloop het.
Nagenoeg honderd mense is by Delmas dakloos gelaat nadat ‘n storm groot skade aan huise en paaie aangerig het.
Bome is ontwortel en voertuie is beskadig.
Die storm is selfs deur talle mense as ‘n tornado beskryf.
Nóg ‘n storm met swaar reën en hael het ook ‘n groot gedeelte van Krugersdorp, Johannesburg en Ekurhuleni aan die Oos-Rand getref.
Nagenoeg elf mense is beseer.
Drie is in verwante motor-ongelukke dood.
The post Gauteng deur groot storm getref appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.