
Die Vereniging van Regslui vir Afrikaans meen hoofregter Mogoeng Mogoeng se aankondiging dat Engels voortaan die enigste amptelike taal van hofrekords in Suid-Afrika se hoër howe gaan wees, skep ʼn grondwetlike krisis van die eerste orde.
Volgens VRA misken Mogoeng en sy kollegas die grondbeginsels van die skeiding van magte en het hulle vir hulleself onregmatig wetgewende
magte aangematig wat slegs deur die nasionale wetgewer uitgeoefen mag word.
Die organisasie sê Mogoeng het homself gediskwalifiseer om as regter op te
tree in ʼn regsgeskil voortspruitend uit die besluit, wat die VRA bestempel as ʼn voorbeeld van ʼn growwe skending van die Grondwet deur mense wat veronderstel is om as die bewakers van die Grondwet en die oppergesag van die reg op te tree.
The post “Grondwetlike krisis van die eerste orde” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.