
Die Hooggeregshof in Pretoria het beslis dat die Bank van Baroda Gupta-maatskappye se rekeninge moet oop hou tot hulle in Desember na die hof
terugkeer.
Regter Tati Makgoka het vanoggend ‘n dringende interdik toegestaan aan die 20 maatskappye dat hulle rekeninge moet oop bly tot die finale aansoek aangehoor kan word.
Die Gupta-maatskappye het nou 15 dae tyd om ‘n finale aansoek teen die sluiting van die bankrekeninge in te dien.
The post Gupta-maatskappye se rekeninge “moet oop bly” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.