
Oudregter Digkang Moseneke sê 64 van die 110 families wat geraak is deur
die Esidimeni-tragedie het ingestem om deel te neem aan die arbitrasieproses, wat vandag in Parktown in Johannesburg begin.
Meer as 100 psigiatriese pasiënte is dood nadat hulle van die Life Esidimeni-sentrums na ongelisensieerde nie-regeringsorganisasies oorgeplaas.
Dit het gevolg nadat die Gautengse Departement van Gesondheid twee jaar gelede sy kontrak met Life Esidimeni beëindig het.
Die arbitrasieproses sal vir drie weke in Parktown in Johannesburg voortgaan onder leiding van Moseneke.
Die doel is om te bepaal tot watter vergoeding die families geregtig is.
The post Esidimeni-tragedie: Families neem deel aan arbitrasieproses appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.