
Die Wes-Kaap se nuwe DA-leier, Bonginkosi Madikizela sê dit gaan moeilik
wees vir sy party om die ondersteuning van wit Suid-Afrikaners te behou en
terselfdertyd die vertroue van swart kiesers te wen.
Madikizela het ‘n lid van die provinsiale wetgewer, Lennit Max verslaan tydens die party se provinsiale kongres die afgelope naweek.
Madikizela sê hy wil die publiek laat verstaan dat die DA oop is vir alle rassegroepe.
Hy kan nie waarborg dat geen lid van die party rassisties is of by korrupsie betrokke is nie, maar dat hy beslissend sal optree indien dit die geval is.
The post “Die DA is oop vir alle rassegroepe” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.