
Die nuutverkose voorsitter van die ANC in die Oos-Kaap, Oscar Mabuyane
het berigte afgemaak dat daar verdeeldheid is tussen die nuwe uitvoerende komitee en die Oos-Kaapse kabinet.
Mabuyane is verlede naweek tot voorsitter verkies tydens die streekskonferensie wat deur omstredenheid en ‘n vuisslanery gekenmerk
is.
Hy het gevra vir eenheid en dat die party eerste gestel moet word.
Mabuyane het ontken dat daar vyandigheid tussen hom en die voormalige voorsitter, Phumulo Masualle is.
Hy sê die ANC kan nie die spit afbyt weens verskille tussen indiwidûe nie.
The post Mabuyane ontken berigte van verdeeldheid appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.