
Twee mans wat glo betrokke was in die aanrandingsvoorvaal saam met die
voormalige addjunkminister van Hoër Onderwys, Mduduzi Manana, sal
waarskynlik weer vandag in Randburg se landdroshof verskyn om op die aanklagte te pleit.
Cyril Madonsela en Thulani Mdaka het gister vlugtig verskyn.
Hulle verskyn op drie aanklagte van aanranding.
Dit hou verband met die voorval verlede maand by `n Johannesburgse nagklub wat meegebring het dat Manana as adjunkminister bedank het.
Die twee is vroeër aangekeer nadat een van die slagoffers een van hulle in die hof uitgewys het en die ander een hom later aan die polisie oorgegee het.
Hulle was in die hof om Manana te ondersteun.
Manana het skuld erken op drie aanklagte van aanranding en sal op 7 November gevonnis word.
The post Manana-saak: 2 mans in hof appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.