
Die ANC in Kaapstad is van plan om Openbare Beskermer Busisiwe
Mkhwebane te vra om ondersoek te doen na opgraderings aan burgemeester
Patricia de Lille se privaat huis.
Die sekerheidsopgraderings is die rede vir ‘n openbare woordewisseling tussen haar en ‘n lid van die burgemeesterskomitee, JP Smith, wat Dinsdag daartoe gelei het dat die DA albei uit die party se bedrywighede geskors het hangend ‘n ondersoek.
Net meer as R450 000 is bestee aan die werk waarvoor De Lille sê sy self betaal het.
Die ANC sê hy het bewyse dat belastingbetalers daarvoor moes instaan.
The post ANC wil OB vra om de Lille te ondersoek appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.