
Die dodetal weens die tropiese storm Nate in Costa Rica, Nicaragua, Honduras en El Salvador, het tot minstens 22 gestyg.
‘n Noodtoestand is in dié sentraal-Amerikaanse lande afgekondig, waar meer as 20 mense ook vermis word.
Die storm het swaar reën, grondstortings en oorstromings tot gevolg.
In Costa Rica is byna 400 000 mense sonder lopende water en sowat 5 000 slaap in skuilings.
Alle treindienste is ook opgeskort en vlugte is gekanselleer.
Die storm het ook groot skade aan infrastruktuur in Nicaragua aangerig.
Die Amerikaanse Nasionale Orkaansentrum voorspel intussen dat die storm tot ‘n kategorie een orkaan kan versterk teen die tyd wat hy die sentrale Golf van Mexiko bereik.
The post Dodetal weens tropiese storm Nate styg appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.