
Die polisievakbond SAPU het kommer uitgespreek oor die Minister van
Polisie, Fikile Mbalula, se taalgebruik in sy amptelike toesprake.
Die vakbond sê dit is nie nodig vir Mbalula om vulgêr te wees om te bewys hoe ernstig hy is oor die stryd teen misdaad nie.
Mbalula se uitlatings oor hoe die polisie vrees by misdadigers moet inboesem, het groot aandag op sosiale media geniet.
SAPU se adjunkpresident, Tumelo Mogodiseng, sê as ‘n vakbond is hulle baie bekommerd oor wat Mbalula sê omdat dit bykomende druk op polisielede plaas.
Die minister se kantoor sê intussen die polisie se leuse is om vrees by misdadigers in te boesem, en die Minister se taal moet in dié konteks verstaan word.
The post Kommer oor Mbalula se taalgebruik appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.