Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

SARU gevra om plaasaanvalle te veroordeel

$
0
0

Plaasaanvalle is ʼn saak van nasionale belang en die VF Plus het daarom ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse Rugby Unie (SARU) gedoen dat die nasionale span Saterdag met die rugbytoets teen Nieu-Seeland ʼn wit lint uit solidariteit met die landbougemeenskap dra, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

In sy versoek aan SARU wys dr. Groenewald daarop dat plaasaanvalle en -moorde vroeër vanjaar in die parlement as ʼn saak van ‘dringende openbare belang’ gedebatteer is wat voedselsekerheid in die gedrang bring en daarom ʼn direkte impak op al die inwoners van die land het, wit en swart.

Volgens dr. Groenewald toon beskikbare statistiek aan dat daar sedert Januarie vanjaar al meer as sestig mense in meer as 277 aanvalle op plase vermoor is.

Dit is veel meer as die sowat vyftig mense wat verlede jaar in 457 aanvalle vermoor is aangesien die nou eers begin Oktober is.

“Niemand in die land kan die desperate situasie van die landbougemeenskap ontken nie. Selfs die minister van polisie, Fikile Mbalula, toevallig die vorige minister van sport, het onlangs gesê landelike veiligheid moet geprioritiseer word in ʼn poging om landbouers te beskerm.

“Die VF Plus vra daarom dat almal in die land, ongeag hul politieke oortuiging, Saterdag ʼn wit lint op die bors dra.

“Dit is om te wys dat hierdie veldtog niks met politiek te make het nie, maar uit erkenning dat ʼn groep mense wat onontbeerlik is vir die suksesvolle voortbestaan van die land en sy mense onder beleg is en almal se steun nodig het,” sê dr. Groenewald.

The post SARU gevra om plaasaanvalle te veroordeel appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!