
Verteenwoordigers van KPMG sal na verwagting vandag voor die Parlementêre finansiële waghond, Skoor, verskyn om vrae te beantwoord oor die skandaal wat rondom die reuse ouditeursfirma uitgebreek het.
KPMG het onlangs ‘n omstrede verslag oor die Suid-Afrikaanse Inkomstedienste gedeeltelik teruggetrek en verskeie van sy senior Suid-Afrikaanse bestuurslede gedwing om te bedank.
Skoor se voorsitter, Themba Godi, het vroeër ‘n oproep op KPMG gedoen om sy optrede te verduidelik.
Die Onafhanklike Reguleringsraad vir Ouditeure het verlede week met uitvoerende bestuurslede van KPMG vergader om die maatskappy se werk vir Gupta-verwante maatskappye te bespreek.
The post KPMG verskyn voor Skoor appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.