
Die Vryheidsfront Plus sê die standbeeld met ʼn boorgat wat vir president Jacob Zuma by Groot Marico opgerig is, is ʼn klap in die se gesig van plaaslike inwoners wat maande reeds gebuk gaan onder erge waterprobleme en soms vir tot drie dae lank geen watertoevoer het nie.

Foto: Verskaf
Die standbeeld is opgerig ter herdenking aan die plek waar Zuma in Junie 1963 in hegtenis geneem is weens sy aandeel in die veldtog van terreur teen Suid-Afrika en sy inwoners.
Die Vryheidsfront Plus se leier in Noordwes, Michal Groenewald, sê die boorgat waar die gemeenskap glo water kan gaan haal, is waarskynlik ook ʼn front vir ʼn reuse tenderkontrak wat aan ʼn kader of twee toegeken is.
Die VF Plus het in Maart vanjaar die besluit van die Noordwes-provinsiale
regering om die tender-uitnodiging vir die oprigting van die Zuma-gedenkwaardigheid terug te trek verwelkom en het met verbasing verneem dat die projek daarna op ʼn sluwe wyse by die provinsiale departement van sport, kuns en kultuur se Groter Erfenisroete ingesluit is.
The post Standbeeld van Zuma is “klap in die gesig” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.