
Stormagtige weer word verwag oor groot dele van die land oor die volgende vier dae.
Die Suid-Afrikaanse weerdiens sê in ‘n verklaring dat ‘n intense trog verder bydrae tot donderbuie oor die westelike en sentrale gedeeltes van die land.
Hewige donderbuie word verwag oor die wes en suidelike Vrystaat, Noordwes en die oostelike gebiede van die Oos-Kaap.
Dié toestande sal na vewagting teen Donderdag na die res van die grootste gedeelte van die land uitbrei.
Die Weerdiens het ook motoriste gemaan om versigtig te wees op paaie waar sigbaarheid swak sal wees, sterk winde en selfs vloede kan vookom.
80% Reën word vir vandag en môre in Bloemfontein voorspel.
Warning: 04 October 2017 Severe Thunderstorm leading to strong winds, heavy rain + loc/flash flooding expected over W and central parts (FS)
— SA Weather Service (@SAWeatherServic) October 4, 2017
The post Weerdiens waarsku teen gure weer appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.