
Die Raad van die Universiteit van die Witwatersrand het besluit om nie sy
kontrak met die ouditeursfirma, K.P.M.G, te hernu nie.
Die kontrak vir interne ouditwerk en risikobestuursdienste verval aan die einde van die 2017 boekjaar.
Die raad het dié besluit geneem ná ‘n vergadering met die nuwe bestuurshoof van K.P.M.G, verteenwoordigers van die internasionale firma asook lede van die Universiteitsraad se komitees vir Oudit en Risiko.
Wits se vise-kanselier, Adam Habib, sê die Raad het lank en indringend oor die kwessie gedebatteer.
Hoewel hulle toegee dat die ouditfirma sekere regstellende stappe gedoen het oor sy bande met die Gupta-maatskappye, is dit steeds nie voldoende nie.
The post Universiteit gaan nie kontrak met KPMG hernu nie appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.