
Die Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryfsvereniging sê produsente van
tafeldruiwe in die Wes-Kaap wat ‘n erge droogte ervaar, kan ‘n afname in die
volume van hul oeste verwag.
Die oes sal egter konsekwent wees met die vyfjaar-gemiddelde van bykans 58 miljoen kartonne.
Die vereniging maak tradisioneel die eerste oesskatting aan die einde van Oktober bekend, maar weens die Wes-Kaapse droogte sal ‘n gedetailleerde skatting eers vroeg November ná die eerste oes vrygestel word.
Die bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryfsvereniging, Willem Bestbier sê ten spyte van die erge droogte sal produsente steeds uitstekende uitvoergehalte druiwe lewer.
The post Tafeldruiwe: Afname in volume van oeste appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.