
Die EFF en die DA in Noordwes beplan om vandag ‘n protesoptrede te hou by
‘n monument vir president Jacob Zuma in Groot Marico in Noordwes.
Hy sal vandag die Groot Marico Erfenisterrein en Bevrydingsroete amptelik open en sy monument ook onthul.
Dit is die plek waar talle vryheidsvegters na ballingskap in Botswana gevlug het.
Zuma en 45 ander struggle-aktiviste is in 1963 in dié gebied deur die destydse veiligheidspolisie in hegtenis geneem.
Opposisiepartye sê belastingbetalers se geld word vermors om Zuma te vereer, terwyl die land gebuk gaan onder armoede en hoë werkloosheid.
The post Protesoptrede by monument vir Zuma appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.