
Amerikaanse owerhede het ‘n desperate pleidooi gelewer dat mense moet
bloed skenk na die dodelikste massa-skietvoorval in die land se geskiedenis.
Minstens 59 mense is Sondagaand dood en sowat 527 gewond toe die 64-jarige Stephen Paddock uit die 32ste verdieping van die Mandalay Bay-hotel losgebrand het op mense wat ‘n musiekfees in die strate van Las Vegas bygewoon het.
Sky News berig dat mediese sentrums oral in die stad oorvol is en dat bloed dringend nodig is.
Die polisie het intussen gewaarsku dat dit ‘n uitgerekte proses gaan wees
om al die slagoffers uit te ken.
The post Las Vegas-skietvoorval: 59 dood, meer as 500 gewond appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.