
‘n Rolprent oor Oscar Pistorius en die moord op Reeva Steenkamp gaan na
verwagting op 11 November in Amerika begin draai.
Die Amerikaanse akteur, Andreas Damm, speel die rol van die gewese Paralimpiese kampioen en Toni Garrn dié van sy vriendin wat hy op Valentynsdag 2013 in sy huis in Pretoria doodgeskiet het.
Die titel is Oscar Pistorius: Blade Runner Killer.
‘n Vrystellingsdatum vir Suid-Afrika moet nog bevestig word.
Pistorius dien tans ses jaar tronkstraf uit.
The post KYK: Rolprent oor Oscar appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.