
Die Amerikaanse polisie sê nou meer as twintig mense is dood in ‘n aanval op
‘n musiekfees in Las Vegas.
Meer as honderd mense is gewond.
Ooggetuies sê skote is uit die 32ste verdieping van ‘n hotel op feesgangers gevuur.
Die polisie het die vermeende aanvaller doodgeskiet en soek na ‘n vroulike medepligtige.
Polisielede wat van diens af was, is onder die slagoffers en nog ‘n geregsdienaar is in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal.
The post Las Vegas: Talle dood en meer gewond appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.