
Vyf verdagtes se saak oor die handel in menslike liggaamsdele sit vandag hul
borgtogaansoek in Thohoyandou in Limpopo voort.
Die vyf, wat die twee tradisionele genesers insluit, is in hegtenis geneem nadat vier grafte geskend is.
Liggaamsdele is uit die grafte in twee dorpies gesteel en na bewering aan
tradisionele genesers verkoop.
Die hoof verdagte is in George in die Wes-Kaap in hegtenis geneem.
The post Handel in menslike liggaamsdele: 5 in hof appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.