
Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê hy het sy minister van
Buitelandse Sake aangesê om nie sy tyd te mors om te probeer onderhandel met die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-un, nie.
Die opmerking op Twitter volg ‘n dag nadat Rex Tillerson die eerste keer onthul het dat die VSA regstreeks met Pyongyang praat oor die kommunistiese land se kern- en missielprogramme.
Trump sê die Noorde toon geen belangstelling in dialoog nie.
The post “Moenie jou tyd mors nie” – Trump appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.