
Die regering het die versekering gegee dat die agentskap wat verantwoordelik
is vir die uitbetaling van maatskaplike toelaes, SASSA, op koers is.
Die Minister in die Presidensie, Jeff Radebe, sê die regering sal die spertyd haal wat die Konstitusionele hof gestel het om ‘n vennootskap met die Poskantoor aan te gaan om aanstaande jaar die toelaes uit te betaal.
Die voorsitter van die Parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, Thema Godi, het in ‘n verklaring gesê SASSA kon nie besonderhede gegee oor of die Poskantoor dié taak by Cash Paymaster Services kan oorneem nie.
Parlementslede het SASSA daarvan beskuldig dat hulle die proses doelbewus namens CPS vertraag.
The post Sassa is op koers appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.