
Politieke partye is voortaan verplig om te onthul wie hulle befonds.
Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het die aansoek van die niewinsgewende organisasie My Vote Counts toegestaan.
Dit behels dat die Parlement die wet op die Bevordering van Toegang tot inligting binne 18 maande moet wysig om partye te dwing om die bronne van hulle privaat befondsing bekend te maak.
Die saak is aanhangig gemaak teen president Jacob Zuma, die minister van Binnelandse Sake, Hlengiwe Mkhize, die ANC en al twaalf opposisiepartye.
The post Politieke partye is verplig om te onthul wie hul befonds appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.