Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Nederlandse toeriste sal nog SA besoek

$
0
0
Nederlandse toeriste sal nog SA besoek

Die Nederlanse reisburo ANWB sal nie ophou om toeriste na Suid-Afrika te bring nie ondanks die naweek se rooftog in Johannesburg.

Die 36 meestal bejaarde toeriste is voorgekeer op pad vanaf die OR Tambo-lughawe na hulle hotel in Fourways.

Die rowers het blykbaar in ‘n polisievoertuig gery en een van hulle het polisie-uniform gedra.

Die groep het intussen teruggekeer huis toe.

Die Vryheidsfront Plus sê intussen die besoek wat die minister van polisie, Fikile Mbalula, aan die 38 Nederlandse toeriste gebring het wat Sondag in Fourways, Johannesburg beroof is, was die regte ding om te doen, maar dit is te min te laat.

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus sê die rooftog is slegte nuus vir Suid-Afrika en skaad nie net die land se toeristebedryf nie, maar ook die ekonomie en die totale beeld van Suid-Afrika in die buiteland.

Groenewald sê die wanorde in die topbestuur van die polisie waar daar nie permanente hoofde aangestel word nie en waar belangrike teenmisdaad-strukture vir politieke gewin deur die regering misbruik word, het veroorsaak dat ons Suid-Afrika die wrang vrugte daarvan pluk deur voorvalle soos dié aanval.

The post Nederlandse toeriste sal nog SA besoek appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!