
Koning Salman bin Abdulaziz al Saud van Saoedi-Arabië het ‘n dekreet
uitgereik wat vroue in die land vir die eerste keer sal toelaat om voertuie te bestuur.
Die dekreet sal vanaf Junie aanstaande jaar van krag wees.
Die besluit volg na ‘n lang veldtog deur vroue-aktiviste.
Saoedi-Arabië is die laaste land in die wêreld waar vroue verbied is om te bestuur.
Die tydperk tot Junie sal gebruik word om lisensiëringsgeriewe uit te brei en infrastruktuur te ontwikkel om miljoene nuwe bestuurders op die paaie te akkomodeer.
Konserwatiewe godsdienstige leiers het die verbod regverdig deur aan te voer dat vroue wat mag bestuur tot losbandigheid sal lei.
The post Saoedi-Arabië: Vroue mag nou voertuie bestuur appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.