
Centlec se aanlynkoopkragstelsel in Bloemfontein is teen gisteraand herstel en
koopkraggebruikers kan weer hul kragreserwes aanvul.
Verbruikers het sedert Sondag gesukkel om hulle kragtoevoer in stand te hou weens `n onklaar stelsel.
Daar is aanvanklik vermoed dat die probleem na `n paar uur uitgesorteer sou wees, maar ‘n spesifieke onderdeel moes van Durban bekom word om die stelsel te herstel.
Centlec het gebruikers verskoning gevra vir die ongerief en hulle ook bedank vir hulle geduld tydens die herstelwerk.
The post Centlec se aanlynkoopkragstelsel in Bfn is herstel appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.