Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Polisie is gereed vir vandag se landwye staking

$
0
0

Die sake-organisasie Business Leadership SA het sy lede aangemoedig om werknemers toe te laat om hulle reg tot staking uit te oefen tydens vandag se landwye massa-optrede teen staatskaping, korrupsie en werksverlies.

Die staking deur Cosatu en die SA Kommunisteparty volg op die onlangse opmerking deur die minister van Ekonomiese Ontwikkeling, Ebrahim Patel, dat korrupsie die land jaarliks minstens R27 miljard en 76 000 verlore werksgeleenthede kos.

Die Kaapse Kamer van Handel en Nywerheid steun ook die stryd teen korrupsie en staatskaping, maar glo nie ‘n staking sal ‘n verskil maak nie.

Die polisie het Suid-Afrikaners die versekering gegee dat voldoende maatreëls getref is om wet en orde te handhaaf tydens die talle optogte wat landwyd gehou word.

Verskeie wetstoepassingsagentskappe word ontplooi in al die groot stede en ander gebiede waar probleme verwag word.

Die polisie sê geen misdadigheid, intimidasie of enige vorm van wetteloosheid sal geduld word nie.

The post Polisie is gereed vir vandag se landwye staking appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!