
Die ANC-Jeugliga het bewerings verwerp dat sy president, Collen Maïne, die
maatskappy Just Coal van Mpumalanga afgepers het om ‘n kontrak met Eskom te behou.
Die maatskappy se uitvoerende hoof, Joe Singh, het volgens berigte erken
dat hy ‘n bedrag van ‘n half-miljoen rand in die liga se bankrekening inbetaal het met die hoop dat dit sal verhoed dat Eskom ‘n kontrak van R8 miljard beëindig, maar Just Coal het nogtans die kontrak verloor.
Die liga sê die geld was ‘n skenking en die bewering van omkoopgeld is ‘n politieke komplot om Maïne se naam te skend.
The post Just Coal erken “skenking” van R500 000 aan ANC-Jeugliga appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.