
Die mynwerkersvakbond Amcu het weer sy kommer uitgespreek oor
werksverliese in die bedryf.
Impala Platinum het verlede week aangekondig dat hy 2500 werksgeleenthede gaan besnoei in die omgewing van Rustenburg in Noordwes.
Die vakbond sê sukkelende myne behoort aan werkers oorhandig te word, want dit is die enigste manier waarop dit winsgewend bedryf kan word.
Amcu meen werkers is selfs bereid om hulle pensioengeld te gebruik om aandele te koop.
The post Kommer oor werksverliese in mynbedryf appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.