
Die ANC se tesourier-generaal, Zweli Mkhize, sê die regerende party se
grootste probleem lê in sy leiers wat daarop uit is om hulself te dien, in plaas van die land se mense.
Mkhize, een van agt persone wat hul visier op die presidentskap van die party het, het in ‘n eksklusiewe onderhoud met die SAUK gesê toegang tot hulpbronne is vir sekere leiers ‘n groot versoeking.
Volgens Mkhize tel hebsug, materialisme en versoekings onder die faktore wat veroorsaak dat leiers hul fokus verloor en hul eie belange nastreef.
The post “Leiers wil hulself dien in plaas van die land se mense” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.