
Die Mangaung-metroraad het gister ’n besluit deurgestoomroller om voor
einde September ’n R1,9 miljoen-reddingsboei aan die Free State Social
Housing Company (Freshco) te bied.
Netwerk24 berig opposisiepartye het die besluit op die jongste raadsvergadering skerp veroordeel.
Freshco is in 2010 deur die Mangaung-munisipaliteit aangestel om die Brandwag sosiale-behuisingsprojek te bestuur.
Dit behels om huurgeld in te vorder en onwettige inwoners uit te sit.
Freshco word deur opposisie-partye as ‘n maatskappy besmet met ANC-kaders beskou.
Prof. Fief van der Merwe, DA-raadslid, het dié reddingsboei ten sterkste veroordeel.
The post R1,9 miljoen-reddingsboei vir Freshco appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.