
Die organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, het die beslissing van die
Hooggeregshof in Pretoria verwelkom, om nie ‘n interdik toe te staan aan 20
Gupta-maatskappye om te verhoed dat hulle laaste bankrekeninge in Suid-Afrika gesluit word nie.
Die Indiese Bank van Baroda kan nou die einde van die maand sy bande met die maatskappye verbreek.
Ben Theron van Outa sê dit is belangrik om toe te sien dat die geld in die rekeninge nie die land verlaat nie.
The post Gupta-maatskappye: Outa verwelkom hof se beslissing appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.