Die Parlement het gewaarsku dat tugstappe en moontlike afdankings kan volg teen parlementêre werkers wat aan ’n onbeskermde staking deelneem.
Sowat 200 lede van die vakbond, Nehawu, het gisteroggend by die parlement betoog oor geld wat glo van hul salarisse afgetrek is vir dae wat hulle weens ’n vorige staking nie by die werk was nie.
Hulle het ook onder meer gedreig om alle parlementêre bedrywighede tot stilstand te dwing indien daar nie aan hul eise gehoor gegee word nie.
The post TUGSTAPPE, AFDANKINGS KAN VOLG TEEN WERKERS WAT STAAK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.