
Nooddienswerkers sê minstens een persoon is in Puerto Rico dood en die hele
eiland is sonder elektrisiteit nadat die orkaan Maria die Karibbiese eiland as ‘n
kategorie vier storm getref het.
Die Amerikaanse Nasionale Orkaansentrum sê daar is ook katastrofiese oorstromings in dele van die eiland.
Volgens ooggetuies het huise se dakke afgewaai, bome is ontwortel en het balkonne van geboue afgebreek.
Die storm het vroeër vandeesweek verwoesting op die eiland Dominica gesaai,
waar minstens sewe mense dood is.
Twee mense is ook in Guadeloupe dood.
Maria is nou besig om weg te beweeg van Puerto Rico, en het verswak tot ‘n kategorie twee storm.
The post Orkaan Maria woed deur Karibbiese eilande appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.