Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Plaasaanval: Algemene praktisyn doodgeskiet

$
0
0

‘n Algemene praktisyn van Lephalale, Werner Emslie, is gisteraand op sy plaas
buite die dorp doodgeskiet.

Emslie, sy vrou en dogter is vroegaand deur verskeie gewapende mans oorval.

Sy vrou Mariëtte, ook ‘n mediese dokter, en dogter Barbara is gewond.

Mariëtte is erg aangerand en is in ‘n kritieke toestand na Pretoria gehaas vir mediese behandeling.

Die aanvallers het met Mariëtte se voertuig gevlug wat later verlate naby die plaas gevind is.

‘n Woordvoerder van die polisie, John Masia, sê geen inhegtenisnemings is nog gedoen nie.

Die aanval op die Emslies volg nadat die minister van Polisie, Fikile Mbalula,
gesê het die meerderheid van Suid-Afrika se boere is nie rassiste nie en behoort beskerm te word.

Hy het in Pretoria met die media gepraat oor plase en landelike gebiede en sê daar moet ‘n plan gemaak word met plaasmoorde en –aanvalle.

Vier plaasmoorde is verlede maand binne 48 uur gepleeg.

Die minister sê die polisie en Agri Suid-Afrika gaan ‘n ooreenkoms onderteken met planne om misdaad op plase en in landelike gebiede teen te werk.

The post Plaasaanval: Algemene praktisyn doodgeskiet appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!