
28 leerlinge van ‘n laerskool in Kemptonpark aan die Gautense Oosrand kry teen-Vigsmiddels nadat drie leerlinge klasmaats met spuitnaalde gesteek het.
Die provinsiale Onderwysdepartement sê ‘n graad vier-leerling het spuitnaalde van die huis af gebring en sy en twee maats het ander kinders daarmee begin steek.
Die skool se beheerraad het begin met ‘n tugproses teen die drie en die polisie is besig met ‘n ondersoek na die eienaar van die spuitnaalde.
The post Leerlinge word by laerskool met spuitnaalde gesteek appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.