
Die polisie is ontplooi op verskeie kampusse van die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie na voorvalle van brandstigting.
‘n Lesingsaal, ‘n personeelkamer en nog ‘n kantoor is aan die brand gesteek.
Betogende studente is volgens berigte ontevrede oor die skorsing van vier studente weens vroeëre betogings.
Lauren Kansley van die universiteit sê geboue is op die kampusse in Bellville en Mowbray geteiken.
The post Polisie ontplooi op kampusse weens brandstigting appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.