
Die dodetal weens die aardbewing in Mexiko het tot 248 gestyg.
‘n Aardbewing van 7,1 het die sentrale deel van die land gister getref.
Talle geboue in Mexikostad het in duie gestort, insluitend ‘n skool waar 21 kinders omgekom het.
Sowat 30 mense is nog onder die puin by die skool begrawe, terwyl reddingspogings ook elders in die stad voortduur.
Talle mense is ook dood in omliggende gebiede soos Puebla en Guerrero.
The post Aardbewing in Mexiko: Dodetal styg appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.