
In New York het die Amerikaanse president, Donald Trump, gewaarsku dat
sy land gedwing kan word om Noord-Korea heeltemal te verwoes tensy Pyingyang ophou met sy kernbedreiging.
Hy het in sy eerste toespraak voor die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-un, bespot as ‘n vuurpylman op ‘n selfmoordsending.
Trump het Iran ook aangevat en gesê die Midde-Oosterse land se regering verberg ‘n korrupte diktatorskap onder die dekmantel van demokrasie.
The post ‘n Waarskuwing vir die “vuurpylman” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.