
Minstens 149 mense is dood in ‘n skudding van 7,1 op die Richterskaal wat
Meksiko getref het.
Reddingswerkers in die hoofstad, Meksikostad, soek angstig na oorlewendes onder die puin van verwoeste geboue.
Talle mense het skaars twee uur voor die skudding deelgeneem aan oefeninge op die herdenking van ‘n verwoestende aardbewing wat die stad in 1985 getref en duisende lewens geëis het.
Vroeër die maand is minstens 90 mense in Meksiko dood in ‘n skudding van 8,1 op die Richterskaal.
The post 149 dood tydens skudding in Meksiko appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.