
Die voorsitter van KPMG Internasionaal het verskoning gevra vir die werk wat die ouditfirma in Suid-Afrika gedoen het.
John Veihmeyer sê daar is ‘n paar gebreke gevind in ‘n verslag wat vir die SA Inkomstediens opgestel is en in die besluit wat geneem is om steeds werk te doen vir die Guptas.
Hy beklemtoon dat KPMG Suid-Afrika se nuwe uitvoerende hoof, Nhlamu Dlomu, beloof het dat etiek en integriteit haar leierskap sal rig.
Die Parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge sê intussen die komitee kan aanbeveel dat die regering sy bande met die ouditeursmaatskappy, KPMG verbreek.
Die voorsitter van SKOOR, Themba Godi sê die komitee is van plan om
KPMG voor die parlement te daag nadat die maatskappy sy verslag oor die
sogenaamde geheime eenheid in die Inkomstediens teruggetrek het.
Godi sê KPMG sal redes moet aanvoer waarom die maatskappy toegelaat moet word om weer sake met die regering te doen.
Hy sê dit is in SKOOR se belang om die ouditeursfirma se bevoegdheid te toets.
The post KPMG Internasionaal vra om verskoning appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.